21 Februarie 2020

16 – 22 Feb

Kongo (Brazzaville):  Bid dat ons deur ons Bybelwerk die mense se Bybelbehoeftes sal aanspreek.  Bid vir ons werk aan die verskillende vertalings, veral vir die volledige Bybel in Beembe.

Kongo (Demokratiese Republiek van):  Bid vir die Here se seën oor Bybelwerk in hierdie land.  Bid vir al ons vertalingsprojekte wat poog om die Bybel vir mense, soms vir die eerste keer, in hul hartstaal te gee.

Tanzanië:  Bid vir al ons Bybelgenootskapprojekte.  Bid vir die nodige fondse sodat ons vertalingsprojekte op skedule voltooi kan word.  Bid dat hierdie Bybels ‘n verskil in mense se lewens sal maak.

23 – 29 Feb

Burundi:  Bid dat die Here Bybelwerk hier sal seën.  Bid vir die Kirundi Studiebybel.  Bid dat hierdie bybel werklik ‘n verskil sal maak aangesien Kirundi deur die meerderheid van die mense in ons land gepraat word.

Kenia:  Bid dat die Here ons vertalingsprojek in Ma’di Noord sal seën.  Bid dat hierdie Bybel met sy nuwe ortografie ‘n verskil sal maak in die lewens van diegene wat met groot afwagting daarvoor wag.

Rwanda:  Bid vir ons fondsinsamelingstrategie wat gebruik maak van die telekommunikasiemaatskappye wat in Rwanda werksaam is.  Bid dat elke kerkganger finansieël tot die Bybelsaak sal bydra en dat meer fondse vir Bybelbetrokkenheidsprojekte beskikbaar sal raak.

Uganda:  Bid dat God se Woord die harte van die hele bevolking sal bereik.  Bid dat elke individu se Bybelbehoeftes deur die Bybelgenootskap aangespreek sal word deur die voorsiening van Bybels in verskillende vertalings en formate.