22 Januarie 2021
17 – 23
Niger: Bid vir ons nasie se veiligheid in die stryd teen Islamitiese groepe soos, Boko Haram. Bid dat die kerke die werk van die Bybelgenootskap sal ondersteun.
Benin: Bid vir die voortgaande en langverwagte vertaling van die Bybel in moderne Gun. Bid vir ons pogings om ongeletterdheid in ons land aan te spreek.
Nigerië: Bid dat ons vertalingsprojekte vining afgehandel sal word sodat die sprekers van die baie tale wat hier gepraat word, toegang tot die Woord van God in hul moedertaal sal hê. Bid vir Bybelverspreiding, die lewens wat verander word en groter ondersteuning van die plaaslike kerke.
Togo: Bid vir die vertaling van die Ou Testament in Lama. In 1995 is die Nuwe Testament in hierdie taal bekend gestel en dit het ‘n groot rol gespeel in die groei van die plaaslike Christenkerke. Bid ook vir die vertaling van die Ou Testament in Kabiye.
24 – 30
Sahelprojek: Bid dat die Woord van God menigte mense sal bereik en ‘n groot impak sal hê in hierdie streek bestaande uit lande met ‘n meerderheid Moslem-bevolking. Bid ook vir Kaap Verde, Guinee-Bissau en Mauritanië.
Tsjad: Dank die Heer vir werk wat ons in hierdie land kan verrig. Bid dat ons die mense, veral jongmense en kinders, bybelse beginsels kan leer.
Gaboen: Bid vir ons verskeie vertalingsprojekte. Die Nuwe Testament in Yinzebi is reeds jare gelede voltooi en die behoefte aan die Ou Testament is groot. Bid ook vir die hersiening van die Bybel in Fang en Omyènè.