2 Augustus 2019

“My vrees vir die stigma en verwerping is so groot, dat ek nie eers MIV-medikasie, wat my lewenskwaliteit kan verbeter, en moontlik verleng, by my kliniek kry nie … ek leef reeds 15 jaar met die virus en daar is slegs een persoon, ’n baie naby familielid, wat weet dat ek MIV-positief is …

Beste CLF-vriende

Die hartseer aanhaling hierbo, vertel Aneleh Fourie-Le Roux, CABSA Direkteur vir ons het gebeur na afloop van ’n onlangse opleiding sessie waar een van die deelnemers haar eenkant geroep het om met haar te praat.

Dit is die realiteit van mense in ons gemeenskap – mense wat moontlik langs jou in ’n kantoor sit met wie jy daagliks in kontak is – wat uit vrees vir verwerping nie hulle status bekendmaak nie omdat onkunde die stigma aanwakker.

Dankbaar, sê Aneleh, het die kennis wat die persoon tydens die kursus opgedoen het, haar genoeg motivering en moed gegee om tog te begin praat oor haar status en dat sy vandag wel medikasie gebruik.

Dit is hierdie lewensveranderende inligting en bewusmaking waartoe ons hier by die CLF Vigstrust ons wil verbind. Daarom is ons opgewonde en dankbaar oor die vooruitsig om nuwe materiaal tov MIV saam met CABSA te ontwikkel wat hulle sal help in hulle taak om die kerk en gemeenskap te dien met inligting en opleiding.

CABSA, die Christen Vigsburo vir Suidelike Afrika, spits hulle daarop toe om deur opleidingskursusse, bewusmakingsgeleenthede en die verspreiding van liturgieë vir kerkdienste en inligting mense toe te rus met noodsaaklike inligting en insig oor MIV en Vigs. In hierdie verband is CLF vir CABSA ’n belangrike vennoot wat oor jare heen die ontwikkeling en druk van MIV pamflette befonds het.

Aneleh skryf ook die volgende aan ons:
Volgens The Fifth South African National HIV Prevalence, Incidence, Behaviour and Communication Survey 2017, is daar ongeveer 7,9 miljoen mense in Suid-Afrika wat met MIV leef, waarvan net oor die 60% medikasie gebruik. Vrees vir stigma en diskriminasie, asook onvoldoende inligting en ondersteuning, is van die faktore wat mense van noodsaaklike MIV dienste weerhou.

Hierdie vrees en onkunde dra ook daartoe by dat daar daagliks ongeveer 630 nuwe MIV infeksies in Suid-Afrika is. MIV is steeds ’n werklikheid in Suid Afrika en ’n realiteit vir baie, en ’n siekte waaroor inligting voortdurend versprei en opleiding gegee moet word.

Jy kan ’n verskil in iemand se lewe maak deur CLF Vigstrust in staat te stel om opleidingsmateriaal gratis vir CABSA te ontwikkel. Om bewusmaking oor MIV en Vigs te skep, dra by tot ’n beter, gelukkiger toekoms vir almal.

Jy kan op een van die volgende maniere ’n bydrae maak:
• EFT jou donasie in die CLF Vigstrust, Absa, Rekening: 4055558767
Stuur asb vir ons bewys van inbetaling aan ina@clf.co.za sodat ons dit na die regte projek kan allokeer en jou kan bedank vir jou ondersteuning
• Teken ? debietorder aan die CLF Vigstrust om ? deurlopende bydrae te lewer
Kontak Ina Willemse by (021) 873 7134 of stuur ‘n e-pos na ina@clf.co.za
Die CLF Vigstrust is ’n goedgekeurde Artikel 18A organisasie, wat vir u as donateur belastingvoordelig is.
Dankie dat ons weer eens die vrymoedigheid kan neem om jou te vra om ons bediening te ondersteun. Mag jy die seën van die Here ryklik ervaar.

Vriendelike groete
Charmaine Stoffberg
BEDRYFSBESTUURDER