8 November 2018

Op 18 Julie 2018 het sowat 50 mense bymekaar gekom vir die eerste Alpha kursus: onbekendes, bekendes, vriende ens. En so het ons elke week bymekaar gekom en geleer wat die Bybel sê en natuurlik ook wat mede-gelowiges sê, en ons het baie geleer. Op 26 September het ons afgesluit met Nagmaal. Gegroet maar nie totsiens vir mekaar gesê nie.

Een groepie het bymekaar gekom vir ‘n ” brunch ” en daar is toe besluit ons gaan meermaal ontmoet, maar op die ou einde sluit ons aan by ‘n Bybelstudie groep, wat gaan afskop in Januarie 2019.

Op Vrydag 2 November 2018 kom die hele Alpha groep bymekaar vir ‘n bring en braai. En het die mense nie lekker gesels nie! Dit was ‘n belewenis om te sit en luister. Daar is reeds skimpe gegooi dat ons dit weer moet doen.

Ons praat gereeld in die Senior bybelstudie groep oor die teenwoordigheid van God, en hoe ‘n mens dit raaksien in die natuur. Wel, Vrydagaand kon jy dit duidelik sien en voel: GOD is teenwoordig!

Ek glo en vertrou dat dit eerste van baie Alpha kursusse gaan wees.

Charles