26 Januarie 2024
Op die huidige oomblik het ons land baie probleme Ek hoef dit nie te noem nie aangesien ons almal reeds daarvan weet. Dit het my laat dink aan ‘n gebeurtenis so klompie jare gelede presies 151 jaar gelede.
‘n Finansieël baie sterk prokureer in Chicago VSA het al sy geboue en besittings verloor as gevolg van die groot vuur van 1871, en die geweldige ekonomiese insinking in die VSA wat in 1973 daarop gevolg het. Daarom het hy besluit om na Brittanje te reis om D L Moody te help met ‘n evangeliese veldtog daar. Ongelukkig moes hy weens omstandighede sy vrou en vier dogters vooruit stuur, maar op hulle reis was daar ‘n ongeluk met die boot. Sy kinders het almal verdrink. Net sy vrou, Anna, is gered. Anna het die volgende telegram aan hom gestuur: ” saved alone ”
Horatio Spafford het toe die volgende boot gehaal om by sy vrou in Brittanje uit te kom.
Op pad soontoe het die kaptein van die skip vir Horatio ingelig toe hulle naby die plek kom waar sy kinders verdrink het. Horatio het sy toe na sy kajuit toe gegaan en die volgende lied gepen:
When peace like a river, attendeth my way,
When sorrows like sea billows roll;
Whatever my lot, Thou hast taught me to know[b]
It is well, it is well, with my soul.
Refrain
It is well, (it is well),
With my soul, (with my soul)
It is well, it is well, with my soul.
Daar is nog verse van die betrokke lied , maar vir my is die treffende boodskap: Hierdie man het vier kinders verloor, en hy is finansieel totaal geknak maar hy kon steeds sing: dit gaan goed met my siel.
MAAK NIE SAAK HOE SLEG DIT MET MY GAAN ALLES IS NOG REG TUSSEN MY EN MY HEMELSE VADER
Dit is die heel belangrikste, en daarom moet ons minder kla en lewe in verwondering dat alles is goed kan wees met ons siel. Ons moet ook te alle tye net die Here vertrou…