9 Oktober 2020

ONS IS REGTIG DANKBAAR!

Oktobermaand is dankbaarheidsmaand. Dit is ons kans om die Here te dank vir die ongetelde en onverdiende seëninge wat ons daagliks van hom ontvang. Ons dankofferkoeverte is ’n manier waarop ons ons dankbaarheid op ’n daadwerklike manier wys. Wees hierdie maand deel van die ongelooflike dankseggingsinisiatief en neem jou koevert op 25 Oktober 2020 saam na die erediens. Ons moet doelbewus hiervoor beplan en begroot (2 Kor 9:5),en ’n offer gee wat regtig tot eer van die Here sal wees (Deut. 14:23) en wat volgens elkeen se vermoë is (1 Kor 16:2).

Gaan loer gerus op ons webblad en kyk weer na die video’s van sekere lidmate wat oor hul dankbaarheid getuig. Ek word elke keer hierdeur diep geraak!