26 Maart 2021

HOE GAAN JOU MOVIE  EINDIG?
… MÔRE, IS DALK TE LAAT
… VIR ’N LEWE VA N MEANING

Indien jy vandag aan iemand dink met een van dié drie opskrifte in jou gedagtes, lees verder!

Daar is soveel jongmense in ons gemeenskappe wat nie die Here ken nie, wat nie ’n Bybel het nie of wat selfs nog nooit van Jesus gehoor het nie.

ASSEBLIEF! Help ons om dit te verander.

CLF wil die boek “WEES ’n WENNER! Jou race na geluk en meaning” met dagstukke vir ’n jaar, in jongmense en kinders in minder-bevoorregte gemeenskappe se hande plaas.

 

 

WEES ’n WENNER is ’n projek van I LOVE MY BIBLE, ’n inisiatief wat in 2014 in die Kaapse Skiereiland geloods is om minder-bevoorregte mense van Bybels en Christelike leesstof te voorsien.

En daarom het CLF hande gevat om saam ’n verskil te maak.

Die skrywer, André de Villiers begin die boek so:
“Oukei, so boek lees is nie eintlik vir jou nie. En geloof goeters is nie rêrig jou scene nie. Briek net daar! Hierdie boek in jou hande is nie ’n gewone boek nie. Heavy godsdienstige issues gaan jy nie hier kry nie. En verseker nie fancy taal nie. So kom ons chat eers ’n bietjie lekker.”
Lees meer oor die boek hier

“Wow wat ‘n amazing boek ????? ‘n totaal van 5sterre. Sedert ek die boek begin lees het kan ek ni ophou nie. Ja, dis n bladsy n dag boek maar jammer as ek di eerste dag gelees het is dit asof eki kan wag om di nxt dag se bladsy te lees nie. Di taal gbruik vani boek stunning dis asof hierdie skrywer regtig tyd gemaak het om tot op elke ouderdom, geslag en ras se vlak te kom. Dis rgtg n bje goeie boek en ek love di insig en tyd wat in di boek gesit is. ? well done!keep it up!” – Merlee Banies, Kraaifontein.

 

Goed, jy het hieroor gedink en besluit jy wil help. Of die Heilige Gees het baie hard op jou hart gedruk om ons jongmense, veral in die minder-bevoorregte gemeen-skappe, saam met Jesus as oorwinnaars uit die stryd te laat tree. Dan is dit …
TYD VIR ACTION … VANDAG

CLF se doelwit is om die boek “WEES ’n WENNER! Jou race na geluk en meaning” met dagstukke vir ’n jaar, teen Jeugdag (16 Junie) in 20 000 jongmense en kinders in minder-bevoorregte gemeenskappe se hande te plaas.
Ons gaan dit in samewerking met ons gemeenskapsvennote doen wat hierdie jongmense op hulle journey sal onder-steun.

Iviwe Lubanga is 15 jaar oud en woon in Bloekombos in die Weskaap.

Sy is alreeds halfpad deur die boek en  sê sy wil net aanhou lees!

“Dankie vir vir die wonderlikste en mooiste boek dit laat my sommer nog meer lief wees en glo aan my Here.” – Elise Ewerts, Parow.