24 Augustus 2018
Hiermee die laaste kennisgewing van die Senior Burgerklub se speletjiesoggend. Ons noem dit sommer die “De Eike Olympics”! Dit vind plaas eerskomende Donderdag 30 Augustus 2018 vanaf 09:30 tot 12:00 in De Eike se kerksaal. Daar sal ‘n halfuur tee/koffie en verversings onderbreking wees sodat deelnemers hul asem kan terugkry en hul kragte kan versterk! Ons vra R10 per inskrywing. Enige senior burger wat graag wil deelneem, is baie welkom. Gee jou naam en R10 by die Kerkkantoor in tot en met Woensdag. Jy is ook welkom om die oggend as toeskouer by te woon. Dan moet jy asseblief ook jou naam opgee en R10 betaal vir die verversings.
Elke span gaan ses verskillende apparate doen. Die spankaptein gee na elke apparaat sy span se punte aan die puntehouer. Aan die einde van die oggend sal trofeë toegeken word. Kom geniet die oggend se pret saam met ons!
Johan