9 Julie 2020

In verlede week se uitgawe van Die Akker het ek vir julle vertel van die ANDERSE basaar wat ons beplan in hierdie ANDERSE jaar van 2020. Indien jy dit gemis het, gaan kyk gerus op die webwerf – alles wat jy moet weet is daar.

Ek weet dit was ‘n klomp inligting om te verwerk, daarom gaan ek die week net ‘n paar belangrike punte uitlig.

Vanweë die inperkingsmaatreëls sal ons nie vanjaar ‘n tradisionele basaar kan hou nie. In ‘n poging om die begroting te laat klop het ons dus besluit op die Roadhouse Basaar.

Jy plaas jou bestelling so spoedig moontlik en doen die betaling om die bestelling te bevestig. Op Saterdag 22 Augustus kom tel jy net jou bestelling op en geniet dit by die huis.

Iets wat ek verlede week nie genoem het nie, is dat ons ons eie “Mrs Delivery” diens gaan hê. Een van ons lidmate het aangebied om bestellings by bejaardes en ander lidmate wat nie self hul bestellings sal kan kom afhaal nie, af te lewer – teen geen ekstra koste. Skakel dus gerus met die kerkkantoor om van hierdie diens gebruik te maak.  As jy weet van ‘n bejaarde wat nie toegang tot Die Akker het nie, vertel hulle asseblief daarvan en moedig hulle aan om van hierdie diens gebruik te maak.

Net soos in die verlede is ons afhanklik van kontantbydraes en bestanddele vir die voorbereiding van die produkte wat verkoop word.  Die volledige lys van bestanddele benodig is ingesluit by die skrywe wat op die webwerf verskyn.

Die groot verskil vanjaar is egter dat ons nie van ons dienswerkers verwag om van huis tot huis te gaan en te vra vir bydraes nie. Ons dienswerkers en lidmate se gesondheid is vir ons belangrik en dus wil ons niemand in ‘n moeilike posisie plaas nie.

Ons doen dus weereens ‘n beroep op lidmate om self na vore te kom en bydraes te gee.  Kontant bydraes kan per EFT of Snapscan gedoen word, of by die kantoor inbetaal word. Die kantoor is nou weer normale ure oop (Maandag tot Vrydag 08:00 tot 12:00).  Bestanddele kan ook by die kantoor afgegee word.

Indien jy nie gedurende die week by die kantoor kan uitkom om jou bydrae af te gee of jou bestelling te plaas nie, bel gerus die kantoor dan maak ons ‘n ander plan.

Ons benoditg ook klaar poedings, warm of koud, indien jy dus hiermee wil help, kontak asb die kerkkantoor.

Ten slotte baie dankie aan die lidmate wat reeds ingekoop het deur bydraes te gee en bestellings te plaas. Aan die ander, gou spring met jul bestellings – voor dit dalk te laat is – hoeveelhede is beperk en jy wil nie uitmis nie.