17 Julie 2020
22 AUGUSTUS 2020
Teen dié tyd het die meeste van ons lidmate al seker gehoor van die Roadhouse Basaar wat ons vir Saterdag 22 Augustus 2020 beplan. Daarvan getuig die bestellings wat flink inkom.
Mariëtte Swart, wat ons Facebook blad hanteer, het ‘n mooi adverensie ontwerp wat ook op Facebook en wyer gaan verskyn. Indien jou bestelling dus nog nie in is nie, moet jy gou maak, voor jy dalk teleur gestel word. Die sperdatum vir bestellings is 4 Augustus 2020, kliek HIER vir bestelvorm.
Vandag wil ek so ‘n bietjie meer vertel van die bekers en die glase wat op die bestelvorm verskyn. Die Roadhouse logo word in volkleur op die bekers en glase gedruk. Die warm sjokolade, cappuccino of melkskommel is in ‘n sakkie (sachet). Jy kan dit dus by die huis self gaan maak en geniet.
Wanneer jy later steeds die beker en glas gebruik, sal dit jou daaraan herinner dat De Eike hom nie deur ‘n virus laat keer om steeds basaar te hou nie.
Ons sê dankie aan Jacomina Swart wat die reëlings tref vir die ontwerp van die logo en die druk van die bekers en glase.
Ek wil graag ons konvenors aan julle bekend stel. By voorbaat dankie aan elkeen van hulle vir hul bydrae tot die basaar se sukses. Hulle is:
Johanette Louw – pannekoeke
Sias en Sanet Koen – hamburgers
Frank en Hetta Hitchinson – boereworsrolle
Lorraine Louw – Vetkoeke
Martie Joubert – poeding
Ronel Williams – boepensbroodjies
Elmarie Scholtz – worsjorsies
Esther van Eeden kan weens ander verpligtinge nie vanjaar die worsjorsies hanteer nie en ons nuwe skriba, Elmarie, het aangebied om te help. Sterkte Elmarie.
Hierdie konvenors kan natuurlik nie alleen werk nie en het hande nodig om hulle te help. Ons versoek dus weereens lidmate om hulself beskikbaar te stel. Martie veral soek lidmate wat kan help poedings maak en skep.
Bel die kerkkantoor en ons sal jou in kontak plaas met die konvenor van die tafel waar jy graag wil help.
Die konvenors benodig ook bestanddele vir die voorbereiding van die produkte. Enige van die volgende kan geskenk word of ‘n kontantbydrae waarmee ons die aankope kan doen.