23 April 2020

Vanaf Dinsdag 28 April 2020, kan jy een keer per week op ‘n Dinsdagoggend tussen 10:00 en 11:00 jou bydrae tot De Eike se koskas in ’n sakkie op De Eike se parkeerterrein kom aflaai. Ds Chris en Tim sal daar wees om die voorraad in ontvangs te neem. Gebruik motorhek aan die kant van die torings. Hierdie reëling bly van toepassing tot verdere kennisgewing.

Maak gebruik van hierdie geleentheid om broers en susters in nood te help. Ons sal die voorraad in die voorraadkamer gaan pak waarna kospakkies opgemaak, en volgens behoefte afgelewer sal word.

As jy bewus word van ’n lidmaat in nood moet jy asb. onmiddellik jou wyksleraar of blokleier hieroor inlig. Ons kan nie toelaat dat enigiemand in hierdie tyd van inperking honger ly nie.

ONTHOU!  Ds Chris en Tim sal net op ‘n Dinsdagoggend tussen 10:00 en 11:00 bydraes in ontvangs neem, nie ander dae van die week nie.