24 Mei 2018

Kan ek die Bybel glo? Wie is Jesus regtig? Waarom laat God dit toe? Waar was Hy? Gee Hy regtig om? Kan mense gesond raak as daar vir hulle gebid word? Wie is die Heilige Gees? Praat God nog met mense?

Baie mense het soortgelyke vrae, maar is te bang om dit hardop te vra. Alpha bied ‘n geleentheid vir gelowiges en nie-gelowiges om die en vele ander vrae oor die Christelike geloof te verken.

Kom ontdek saam met ons die antwoorde op die vrae en nog vele meer op Woensdagaande vanaf 18 Julie tot 26 September 2018 wanneer ons gesellig om ‘n paar tafels kuier met iets te ete en te drink.

Kontak asb. vir Mariana of Cathy by die kerkkantoor (021 903 3818) om te registreer en nooi mense saam. Oor die volgende paar weke gaan ons in die nuusbrief meer vertel oor Alpha, maar voel ook vry om vir Ds. Chris (082 822 6619) of Franci (082 891 2384) te kontak.

….raai wie het ook Alpha al gedoen…..

Hier is twee skakels om die aptyd ‘n bietjie te wek: