23 November 2018

Só lyk die brief wat ek van O’Den af gekry het oor die gholfdag:

12 /11/ 2018

GEBORGDE GHOLFDAG 2018

Ons jaarlikse geborgde gholfdag is ‘n baie gewilde geleentheid. Dit word vanjaar vir die negende keer by Jan Kriel Gholfklub op 1 Desember aangebied.
Ons opregte dank en waardering aan donateurs en borge wat ons voorheen ondersteun het en ons glo dat ons weer op u goedhartigheid kan staatmaak. Indien u ons vir die eerste keer ondersteun, kan u verseker wees van ons innige waardering.
U kan op die volgende maniere ‘n bydrae maak:
o ‘n Borgskap van R1000. U mag op die baan/by klubhuis volgens u keuse adverteer.
o ‘n Kontantdonasie van u keuse.
o Pryse skenk.

Kontak asseblief vir Hennie Rootman by 082 444 4046 / hrootman@telkomsa.net vir enige navrae rakende borgskappe, donasies en pryse.

Baie dankie vir u goedhartige ondersteuning.
Vriendelike groete.

O’den van der Westhuizen
ORGANISEERDER

Leraar : NGK Kuilsrivier De Eike
Selnr.: 082 896 1864
Epos: odenvdw@mweb.co.za
————————————————————————————————————————

Borg / donateur : ……………………………………………………………………………………………….

Borgskap R1000 : Dui asseblief u keuse ten opsigte van advertering aan:
? Verskaf en eie plasing van advertensiemateriaal
? Verskaf advertensiemateriaal – organiseerders doen plasing
? Stel geensins belang in adverteer nie
Kontantdonasie : Dui asseblief bedrag aan:  R ________________
Skenking van prys/e : Gee asseblief ‘n kort beskrywing

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

Genader deur : ………………………………………………………………

Tel nr……………………………………….