27 Augustus 2021

Liewe lidmate van De Eike

Sommige van julle het in hierdie uitdagende tye sekerlik vrae oor die geld wat ons gemeente maandeliks aan die sinode moet oorbetaal. Ek probeer dus graag langs hierdie weg om kortliks meer inligting deur te gee oor die sinodale aanslag.

  1. Die sinode werk hul begroting uit op grond van gemeentes se inkomste van 2 jaar gelede.
  2. Hierdie aanslag is so in die omgewing van 5% van ‘n gemeente se inkomste en nooit meer as 8% daarvan nie.
  3. Die sinode moes ook, soos ons gemeente, ernstig kyk na hul uitgawes, want hul inkomste is ook laer. Om die waarheid te sê, is die beraamde inkomste van vanjaar wat die begroting van 2023 bepaal, moontlik sowat 25% laer.
  4. Sommige sinodale poste is dus nie gevul nie en daar is ook amptenare wat vroeër aftree.
  5. Amptenare het ook geen verhoging geneem nie.

In my gesprek met die sinodale saakgelastigde het ek weer onder die indruk gekom van die erns én die bekwaamheid waarmee die kerk se finansies bestuur word. Ek kan julle gerusstel dat die geld wat ons aan die sinode oorbetaal nie net omsigtig bestuur word nie, maar ook met dankbaarheid en vreugde vir God se koningkrykswerk aangewend word.

Groete

Piet Rootman