27 Julie 2018
Die Bestuur het reeds bymekaar gekom en gesels oor ons program vir die derde kwartaal. Ons het die afgelope jaar die gebruik gevestig dat ons eenmaal per kwartaal ‘n uitstappie het. Ons het egter besluit ons gaan hierdie kwartaal twee aktiwiteite aanbied. Ons wil graag op Donderdag 30 Augustus ‘n Speletjiesoggend in De Eike se kerksaal aanbied. Kom ons noem dit sommer die “De Eike Olympics”! Die senior burgers gaan in spanne ingedeel word en ons gaan verskillende apparate doen(vir Othello-inwoners: ons gaan Twighlight se apparate gebruik). Daar gaan punte aangeteken word en die wenners sal teen die einde van die oggend aangekondig word! Julle kan solank begin fiks word! Wees gerus oor die medikasie wat jy gebruiik – daar sal nie getoets word vir verbode middels nie! Senior burgers wat graag wil deelneem aan die De Eike Olympics kan hul name by die Kerkkantoor ingee.
Ons tweede aktiwiteit van die kwartaal sal DV plaasvind op Donderdag 27 September. Omdat ons nog finale reëlings moet tref, gaan ons nog nie dié week hierdie uitstappie aankondig nie – “watch this space”!
Johan Morkel