3 Augustus 2018
Ons Bestuur het reeds bymekaar gekom en gesels oor ons program vir die derde kwartaal. Ons het die afgelope jaar die gebruik gevestig dat ons eenmaal per kwartaal ‘n uitstappie het. Ons het egter besluit ons gaan twee aktiwiteite dié kwartaal aanbied. Ons wil graag op Donderdag 30 Augustus ‘n Speletjiesoggend in De Eike se kerksaal aanbied. Kom ons noem dit sommer die “De Eike Olympics”! Die senior burgers gaan in spanne ingedeel word en ons gaan verskillende apparate doen(vir Othello-inwoners: ons gaan Twighlight se apparate gebruik). Daar gaan punte aangeteken word en die wenners sal teen die einde van die aand aangekondig word! Senior burgers wat graag wil deelneem aan die De Eike Olympics kan hul name by die Kerkkantoor ingee.
“De Eike Olympics”
Datum: Donderdag 30 Augustus 2018
Tyd: Vanaf 09:30 tot 12:00. Daar sal ‘n halfuur tee/koffie en verversings onderbreking wees.
Plek: De Eike kerksaal
Koste: R10 per inskrywing
Inskrywing: Enige senior burger wat deel van dié oggend se “sports” wil wees, kan sy/
haar naam en R10 by die Kerkkantoor ingee. Dui asseblief aan of jy bereid is om ‘n spankaptein te wees.
Elke span gaan ses verskillende apparate doen. Die spankaptein gee na elke apparaat sy span se punte aan die puntehouer. Aan die einde van die oggend sal trofeë toegeken word!
Ons tweede aktiwiteit van die kwartaal sal volgende week aangekondig word omdat ons nog finale reëlings moet tref.
Johan Morkel