11 Mei 2018

Die Bestuur van die klub het besluit ons gaan hierdie kwartaal die Skool vir Blindes in Worcester besoek. Na dié besoek gaan ons by Kleinplasie middagete geniet en bietjie rondkyk wat alles daar aangebied word!  Die besonderhede van die uitstappie is as volg:

Datum: Donderdag 7 Junie 2018

Vertrektyd: 09:00 (vanaf kerkgebou)

Terugkoms: namiddag

Kostes: R100 vir uitstappie.  Dit sluit die busvervoer sowel as die besoeke aan die Skool vir Blindes en Kleinplasie in.  By Kleinplasie bied hulle vir ons ‘n middagete aan van of Bobotie of Hoenderpastei met groente en slaai plus nagereg!  As jy bespreek, moet jy asseblief jou spyskaartkeuse aandui.

Vervoerkostes: Gratis

 

BESPREEK  BY  DIE  KERKKANTOOR.

Bespreek asseblief vroegtydig.  Kleinplasie wil die finale getal vroegtydig Mei ontvang.

 

NS: Indien daar senior burgers is wat graag wil saamgaan maar finansies is vir hulle ‘n probleem, kan julle gerus met ds. Morkel skakel.  Dit sal vertroulik hanteer word.  Alle senior burgers is welkom.