3 Oktober 2019

Die Getuienisaksie is tans betrokke by heelwat aksies. Om maar ’n paar te noem: Kalkfontein se Veeldoelige sentrum, Maatskaplike werkers by die skole, Huis de Kuilen, Kos vir skole, Green Park en Huis Sonop. Die Geloofbelofte offers resorteer ook onder hierdie kommissie en uit die fondse wat ons so in, word hulp verleen waar dit werklik nodig is. ’n Groot nood bestaan by ons skole in die dorp waar baie kinders nie genoeg kos kry nie. Armoede speel ’n groot rol en die maatskaplike werkers hou ons op hoogte van die situasie. Tans is daar 20 gesinne met kinders wat hulp nodig het. Ek wil graag een voorbeeld noem. Die Maatskaplike werker neem die leerling na ’n tandarts toe vir ’n tand abses. Met die terugkeer word die leerling daaraan herinner om eers iets te eet voordat sy die medisyne drink. Waarop die kind antwoord dat sy dit nie kan doen nie want daar is nie kos by die huis nie. Dus, as daar gevra word vir kospakkies vir skole, dis ’n groot nood. Laat ons dankbaar wees vir wat ons het en laat ons help waar ons kan. Dis die kommissie se groot droom is om almal te kan help, maar dit is ook nie altyd moontlik nie. Maar ek glo dat as ons alles in die geloof aanpak ons dit wel kan doen. Volgende keer kyk ons wat by Green Park gedoen word.

Lekker dag.

Louis