16 April 2021
Ná 14jr getroue koorbywoning, het De Eike se kerkkoor by Soneike se Wimpy afskeid geneem van Katryn Linnert. Katryn kyk terug oor 30 gelukkige jare in Kuilsrivier waar sy by 4 verskillende gesinne skoongemaak, kinders grootgemaak en versorg het en huis gehou het.
In die kerkkoor was sy ‘n gewaardeerde spanlid met ‘n pragtige geaardheid en ‘n persoon wat met alles ingeval en saamgewerk het.
Op ‘n Sondag, en by enige ander diensreeks in die gemeente, was haar plek nooit leeg nie. By die basaar kon jy haar aan die werk kry, by enige funksie waar sy betrokke was, was haar hande besig.
Katryn is ‘n boorling van Vanrhynsdorp en sy keer nou terug na haar wortels en die huis wat haar moeder aan haar nagelaat het.
Ons wens haar net die allerbeste toe vir ‘n gelukkige aftrede. Kuilsrivier se verlies is Vanrhynsdorp se wins.
Ps. 23:1 : “Die Here is my Herder”.
Voorspoed, Katryn!
René Ferreira
Orrelis