18 Januarie 2019

Hiermee die beloofde nuus vanaf die Kleuterkerk, soos ons dit van Riëtta af gekry het.

 

Vir ‘n eerste Sondag met registrasiedag het die Kleuterkerk se wiele mooi glad geloop, en ons maats is verwelkom met ‘n vrolike plakkaat, wat uitbeeld wat ons alles hierdie jaar uit die Bybel  gaan leer.  Al die kleuterkerktannies was teenwoordig, naamlik Hanlie Botes, Renita Nieuwoudt, Lisa Loots en Tené de Wet.  Vanaf komende Sondag sal elke tannie een keer per maand ‘n beurt neem.  Daar was heelwat maats wat reeds bekend was en gereeld Kinderkerk bygewoon het, asook ‘n paar nuwe gesiggies.  ‘n Paar mammas en pappas het ook saamgekuier om die kleingoed eers gerus te stel.  Ons hoop dat hulle binnekort rustig kan grootkerk toe gaan.

 

Voor ons “erediens” kon die maats lekker op die mat speel, of inkleur by die tafeltjies, totdat Lollos se oppaklied gespeel het.  Daarna het ons eerste maatjie ‘n beurt gehad om die kers aan te skakel sodat ons kon onthou Jesus is teenwoordig.  Ons dankoffer is opgeneem.  Ons het gemarsjeer soos soldate op ons nuwe projeklied vir Bottelary Laerskool, R5’e saamgebring en sterre geplak op ons projek plakkaat.  Wanneer ons al die maats se inligting het, sal ons ook weekliks ons maats gelukwens met hulle verjaarsdae.

 

Daarna het Pietie Padda, ‘n regte grootbek padda, en Willie die Walvis vir ons kom kuier.  Willie was baie hartseer en bang en onseker, want hy willie by die kleuterkerk wees nie, maar Pietie het hom sommer gou oor Willie ontferm, en toe ons weer sien, toe voel Willie sommer tuis, en sing hulle altwee te lekker saam met al die maats.  Sing-tyd is ‘n gewilde aktiwiteit, en al die liedjies was sommer lekker bekend vir die maats.  Tannie Renita het ook sommer mooi  al die bewegings gewys.

 

 

 

 

 

 

 

 

Om alles saam te vat, het die maats by hulle tafeltjies gesit, en tog te mooi ingekleur en uitgeknip sodat Mamma en Pappa by die huis kon sien waaroor ons gesels het.  Hulle kon ook voorblaaie inkleur vir hulle flippies, en die teksvers uitknip, naamlik Psalm 84 : 6 “Dit gaan goed met mense … wat graag na u tempel toe gaan.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Só lyk ons projekplakkaat. Vanjaar help ons die leerders van die Laerskool Bottelary.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons leidsterspan vir 2019

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Net om darem te wys: Daar was Pappas ook wat kom kuier het!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons hoop dat 2019 vir ons kleuters ‘n leersame en aangename ervaring gaan wees.

 

Groete

Riëtta Odendal