26 Januarie 2024
So lyk die itemlys van basiese kruideniers-, toiletware en skoonmaakmiddels wat in De Eike se spens benodig word om lidmate in ‘n krisissituasie te help. Hierdie lys is saamgestel deur na verskeie noodlenigingsorganisasies se programme te kyk.
Ander items word ook met groot waardering ontvang, maar die fokus bly die basiese lys, en aankope word op grond daarvan gedoen.
- Langlewemelk / melkpoeier
- Koffie
- Swart tee / Rooibos
- Suiker
- Mieliemeel / kitsmeel / hawermout
- Ontbytgraan
- Koekies / lekkers
- Koekmeel / bruismeel
- Sopmengsels / suikerbone / koring / samp
- Soppoeiers / Cup A Soup
- Pasta: macaroni / spaghetti / Maggi
- Rys
- Soya
- Sout / peper
- Ekstrak – bief / hoender / tamatiepasta
- Speserye
- Kruie
- Tamaties – heel / gekap / puree / gemeng
- Peulgroente / gebakte bone / botterbone / lensies / ertjies
- Gemengde groente / mielies
- Bully Beef
- Sardyne / sardientjies
- Tuna
- Vrugte
- Grondboonbotter / konfyt
- Kookolie
- Tandepasta
- Lyfseep
- Toiletpapier / sneesies
- Deodorant
- Velroom / Vaseline
- Sjampoe
- Sanitêre ware
- Skottelgoedseep (sponsies / lappies)
- Wasgoedseeppoeier / Sunlightseepkoekies
Die projek word met diskresie(die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie) en verantwoordelikheid behartig. Jy kan self ook ongesiens betrokke raak deur op ‘n Sondagoggend ‘n blikkie ertjies of ‘n liter melk in die mandjie by die deur te sit of enige dag‘n winkeltrollie vol kruideniersware by die konsistorie kom afgee.
De Eike se lidmate ondersteun die projek ook finansieël.
Dis inspirerend om te sien hoeveel julle omgee en hoe graag julle wil help! Julle is die hart van hierdie aksie en die dienswerkers, blokleiers en dominees is die hande en voete, wat seker maak dat n lidmaat nie swaarkry en op moedverloor se vlakte beland nie – ‘n ware getuienisaksie.