23 Julie 2020
Hallo liewe gemeente-vriende
Ek kry mos toe ‘n “brainwave” oor die basaar, met dié dat ons ‘n “roadhouse” gaan hê, maar daar gaan net kos te koop wees.
Een van my gunstelinge by die basaar is altyd die vetplant stalletjie van Maranda van der Merwe. Die plantjies word met liefde deur haar uitgeplant en versorg, en word SO billik aan ons beskikbaar gestel. Aangesien ek glad nie groen vingers het nie, maar baie sukses het met vetplante (wat maklik groei), koop ek altyd baaaaaie plantjies by Maranda.
Nou, die “brainwave” : Ek besef toe Maranda het mos nou al laaaankal begin plantjies voorberei vir die basaar, maar ons het nie ‘n basaar hierdie jaar nie. Toe kontak ek haar en vra of ek nie by haar huis kan kom plantjies koop nie, ek betaal die geld in die kerk se rekening, en stuur ‘n bewys van betaling vir haar ook. Die kerk “score”, en Maranda ook, want dan hoef sy minder plantjies water te gee (baie van hulle staan onder ‘n afdak, en kry nie reënwater nie). Sy het ‘n pragtige tuin, so sy plant die hele tyd “baba’s” uit.
SO, ek het Maranda se toestemming om haar telefoonnommer te verskaf, sodat die hele gemeente kan deel in my lekkerte. Bel haar, maak ‘n afspraak, en gaan koop vir jou lieflike plante van allerhande groottes, geure en kleure. Sy ken tot al die name!
Maranda van der Merwe : Selnommer 082 3755 453
NS O ja! Ek het haar gevra of ek vir haar leë potplanthouers van kwekerye kan bring wat ek opgegaar het. Selfs daardie waarin 6 klein plantjies geplant word. Sy verwelkom dit. So, neem dit ook saam as julle het.
NS NS En dalk is daar nog mense wat reeds produkte voorberei het vir die basaar wat wil hê ons moet dit kom koop. Laat weet net via die e-nuusbrief!
Groetnis van huis tot huis
Riëtta Odendal