30 November 2018
Die “Survivors” is ’n ondersteuningsgroep, bestaande uit lidmate, wat een of ander tyd in hul lewens met kanker gediagnoseer was. Woensdagoggend het ons vir die eerste keer saam gekuier rondom ’n koppie tee. Ons het na mekaar
se verhale geluister en werklik die empatie beleef wat in die groep teenwoordig is. Mense het spontaan getuienis gelewer en ek kon as fasiliteerder aanvoel dat daar ’n behoefte bestaan om na mekaar se verhale te luister.
Ons beplan om in 2019 op die eerste Donderdag van elke maand om 09:30 in die konsistorie byeen te kom. Ons sal elke maand ’n tema hê waarvolgens elke byeenkoms ingerig sal word. Indien daar belangstellendes is wat by die groep wil aansluit verwelkom ons jou met ope arms. Kom word deel van hierdie omgeegroep sodat ons mekaar kan versterk op ’n pad wat soms verlate en alleen kan word.
Kontak vir ds. Chris (021 982 7076) of vir Franci by 082 891 2384 indien jy
enige navrae het.