24 September 2020

My naam is Jacques Myburgh.  Ek is leraar van die NG Gemeente Noordoos-Pretoria.  Ek is tans ‘n PhD student by die Universiteit van Pretoria, onder leiding van Prof Malan Nel.  Soos elkeen van u sekerlik  bewus is daal die lidmaattal onder jonger lidmate teen ‘n toenemende spoed onder hoofstroomkerke en ongelukkig is Suid-Afrika se Gereformeerde kerkdenominasies nie hierteen bestand nie.  Ek glo iets moet gedoen word om die tendens te probeer omkeer.  Voordat dit egter kan gebeur moet daar eers by die jongmense gehoor word wat hul belewenis van die kerk is.  Dit is waarmee ek in hierdie studie besig is.

Ek het ‘n vraelys opgestel waarin jongmense se belewenis van die kerk getoets word.  Ek glo die antwoorde op hierdie vrae kan ons in die toekoms baie help in die bediening aan die jeug.

Ek wil graag vir u vra of u so gaaf sal wees om hierdie vraelys onder die jongmense in u gemeente, ouderdom 18 tot 34 jaar, te versprei.  Daar kan net op die skakel gedruk word en dan maak die “google forms” vraelys oop.  Deelname is absoluut anoniem.  Die nodige toestemming vir die uitstuur van die vraelys is reeds by die besture van die onderskeie gereformeerde kerkdenominasies, naamlik Nederduits Gereformeede Kerk, Gereformeerde Kerk en Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, gekry.  Die toestemmingsbriewe is saam met die vraelys voor die Universitiet van Pretoria se Etiese Komitee voorgelê en goedgekeur.

Ek sal dit werklik baie waardeer indien u my hiermee kan help.  Hoe meer jongmense hul mening lig, hoe ‘n duideliker prentjie kan oor hul belewenis gevorm word.

Ek wil u asseblief vra om die volgende kort boodskap per e-pos of whatsupp aan die jongmense in u gemeente te stuur.  Indien u dalk ook die vraelys aan jongmense wat onaktief of kerklos geraak het kan stuur, sal daar ‘n meer gebalanseerde prentjie gevorm kan word.  Die vrae is hoofsaaklik veelvuldige keuses en sal slegs ‘n paar minute neem om te voltooi.

Baie dankie vir u hulp hiermee.

Groete in Christus

Ds Jacques Myburgh

Sel 061 9885 948