19 Oktober 2017
Die Kommissie vir Vrouelidmate het die afgelope Saterdagoggend ‘n heerlike damesoggend aangebied. Die spreker was Wanda Bam (van Radio Kaapse Kansel) wat die dames geïnspireer het om “vreesloos vrou” te wees. Sy het afgesluit deur ‘n gebed te sing. Ds. Jandré wat die klank behartig het, was die enigste haan onder die henne. Nadat Ds. Jandré vir ons die tafelgebed gedoen het, het ons ‘n smaaklike ontbyt geniet en lekker saamgekuier.