16 April 2020

Die nuwe DINKJEUG APP vir families is hier!

Dit bevat ‘n daaglikse podcast (potgooi) met ‘n huisgeloof oordenking
wat families kan help om saam te gesels oor die Bybel, geloof en die lewe. Gesinne kan saam bid en die aktiwiteite doen om hul geloof en verhoudings te versterk. Dit behoort so tussen 5 en 15 minute te neem.
Gesinne met voorskoolse kinders sou dit maklik self kon aanpas, deur byvoorbeeld die teks in ‘n Kinderbybel op te soek.

Die app is in die Apple iStore beskikbaar – soek vir
“DinkJeug families” in iStore. Ook op Google Play.