20 April 2018
Bybel-Media in samewerking met die NG Sinode van die Wes-Kaap nooi gemeentes uit om deel te word van die begin van ? nuwe tradisie van massa-sangbyeenkomste wat op 8 September 2018 begin.
Die eerste jaarlikse “Dis Tyd om te Sing”-massakoorsaamtrek van die NG Kerk sal op 8 September 2018 om 19:00 plaasvind in die Kaapstadse Stadsaal onder begeleiding van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes,? kontemporêre orkes en ? pyporrel.
? Massakoor van meer as 500 sangers (kore en sanggroepe van minstens 20 plaaslike gemeentes sowel as genooide kore) en meer as 1 000 gehoorlede sal van die bekendste en mooiste liedere uit ons kerk se liedereskat saamsing. “Dit beloof om die hoogtepunt van 2018 te word”
Volgens ds Leon Venter, Hoof Uitvoerende Beampte van Bybel-Media en die projekbestuurder, neem lede van die massakoor gratis deel. Daar is geleentheid vir 20 deelnemendegemeentes om elk ? koorgroep van 20 lede saam te stel en voor te berei om aan die massakoor deel te neem.
Deelnemende gemeentes sal elk 40 kaartjies kry om teen R200 per kaartjie aan gemeentelede te verkoop. Deelnemende gemeentes moet voor die tyd die 20 bekende liedere wat tydens die aand gesing sal word, inoefen. Die projekleiers, ds Riaan Steyn en ds Faani Engelbrecht, is beskikbaar om saam met die gemeentekore te oefen. Die liedere is van die mooistes in ons liedereskat en kore en gemeentes sal die verwerkings sommer vinnig kan baasraak.
Gemeentes wat aan die “Dis Tyd om Sing”-projek wil deelneem, moet voor 17 Mei 2018 inskryf. Kontak ds Faani Engelbrecht by 083 856 1951 of musiek@bmedia.co.za vir meer besonderhede of ? inskrywingsvorm.
Ons is deur ? baie moeilike tyd met al die politieke woelinge, ekonomiese uitdagings en uitmergelende droogte. Dit is egter juis in sulke tye dat ons as gelowiges sterker onder die indruk kom dat ons in God se hande is en dat Hy in beheer is.
Daarom wil ons uitdrukking aan ons geloof gee. Ons glo “Dit is Tyd om te Sing”!
Vir ? voorsmakie van wat beplan word, klik hier: