26 Julie 2019

DONKIE, ’n Komiese drama
MET 
Frank Opperman TEKS Dana Snyman

REGIE Gerrit Schoonhoven VERVAARDIGER Let’s be Frank

In Donkie ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. Mnr. Swart is ’n man onder druk: Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. Daar is ook ernstige probleme met dissipline, ’n rassistiese voorval en vrae of Afrikaans nog ’n onderrigtaal taal gaan wees. Uit talle oorde word mnr. Swart se kop geëis. Só besluit hy een Maandagoggend tydens saalopening om sy kant van die saak te stel …

WANNEER : 25 Oktober 2019

WAAR : De Eike se Kerksaal

TYD : 19:00

KOSTE : R120-00 per persoon (Bespreekte sitplekke)

Kaartjies is onmiddellik beskikbaar Kontak of besoek die kerkkantoor (021 903 3818) om jou bespreking te doen. Ons gaan vir Augustus 2019 net binne De Eike bemark sodat lidmate eerste keuse in besprekings kan hê.

Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom!