13 Oktober 2023

NGK Kuilsrivier De Eike, soos jy dalk weet, was daar verlede naweek ‘n ongekende en onverwagte aanval op Israel deur Hamas, en ons doen ‘n beroep op jou om saam met ons te bid.

 

Vanaf die 10de Oktober het die konflik meer as 1 500 sterftes tot gevolg gehad, insluitend ‘n gesin van 8 wat aan die Harvesters-netwerk gekoppel is. Tienduisende meer is beseer en ontwortel. Gyselaars (onder wie vroue, kinders en bejaardes) word in albei streke aangehou. In ‘n poging om Hamas in bedwang te hou en te keer, sny Israel die voorsiening van voedsel, brandstof, water en elektrisiteit af, wat beslis die lewens van die 2,3 miljoen burgers wat in Gasa woon, sal beïnvloed.

 

Die media bepaal ons fokus by die twee hoofrolspelers in die verhaal – die Palestyne en die Israeli’s – maar die Liggaam van Christus is regdeur die samelewing verweef. Messiaanse Jode en Palestynse Christene tree op as ambassadeurs van Sy Koninkryk en as geleiers van vrede, hoop en liefde.

 

Daar is geen wêreldse oplossing vir hierdie situasie in Israel wat kan kers vashou by die oplossing wat Christus Sy volgelinge gegee het nie. Dit is naamlik om ander lief te hê soos Hy ons liefgehad het (Joh. 13:34-35). Vrede sal slegs posvat wanneer die Vredevors in mense se harte heers en, vir dit om te gebeur, sal mense Hom deur Sy Liggaam in die land moet ontmoet.

 

Namate die konflik aanhou eskaleer laat ons, soos Jesus in Johannes 17, in die eerste plek bid vir die versterking, beskerming en vereniging van die Liggaam.

 

  • Gebedspunte

 

  • Bid dat vredesgesprekke ‘n spoedige oplossing vir die konflik sal bring.
  • Bid dat hulpbronne burgerlikes en plaaslike ontworteldes regdeur die streek sal
  • Bid dat gelowiges, insluitend Harvesters se kontakte en kollegas wat in die omgewing werksaam is, voertuie van hoop, ondersteuning en versoening sal wees
  • Bid dat herlewing oor die hele streek sal opvlam – herlewing wat slegs in Christus gevind kan word, wat ware vrede sal bring, en wat ‘n getuienis vir die wêreld sal wees

 

Terwyl krisisse en oorloë soos hierdie in alle uithoeke van die wêreld woed, vind ons ons enigste hoop daarin om na God, die Here van barmhartigheid, genade en geregtigheid te draai. Dankie dat jy vandag saam met ons bid.

 

In Christus,

 

 

Steven (Fanie) Loots

Stigter en hoof uitvoerende beampte

Harvesters Ministries