16 Februarie 2021
Die Pa neem afskeid van sy dogter by ‘n lughawe en hy sê “lief jou my dogter, ek wens jou genoeg”, sy groet terug “ek wens Pappa ook genoeg” en gee hom ‘n drukkie.
‘n Vrou wat dit gehoor het, vra nuuskierig vir die Pa “skies Mnr, ek het gehoor hoe groet jy en jou dogter mekaar, wat beteken hierdie ‘ek wens jou genoeg’ wat julle vir mekaar gesê het?”
Ag Mevrou, dis ‘n tradisie wat al generasies in ons familie is. As ons mekaar só groet, dan weet ons dat ons bedoel:
- Ek wens jou genoeg son om jou lewe op te helder.
- Ek wens jou genoeg donker om die son meer te waardeer.
- Ek wens jou genoeg lag om die trane mee af te vee.
- Ek wens jou genoeg trane om die vreugde mee te vier.
- Ek wens jou genoeg voorspoed om jou lewe te verryk.
- Ek wens jou genoeg teëspoed om jou lewe te begryp.
- Ek wens jou genoeg liefde om haat weg te dryf.
Mevrou, dit beteken baie dinge, sê hy, maar helaas sê ons dit vir mekaar: “Ek wens jou genoeg ‘hello’s’ om die ’totsiense’ nie hartseer te maak nie. Ek wens jou genoeg ’totsiense’ om te kan uitsien na die ‘hello’s’.
Sy groet hom toe haar vlug gereed is. “Dit was goed om met jou te gesels, ek wens jou genoeg”.
Ek wens julle genoeg aan die einde van dalk ‘n besige week.
Ek wens julle genoeg seën.
Ek wens julle genoeg om julle seëninge te kan tel.