15 Oktober 2021

Jy mag maar vra: wat is nou die lot van ons kerktoring?  Vroeër vanjaar het ons spesiale vergaderings gehou en planne beraam met ‘n toring wat op wankelrige oumens-bene staan en verkrummel.

 

Ons verhuur reeds ‘n aantal jaar lank spasie op ons toring aan American Tower Corporation (ATC).  Die bekommernis is egter dat die toring nie op die lange duur veilig (of struktureel sterk genoeg) is om die gewig te dra van die sendertoerusting wat daarop gemonteer is nie.  Tog is dit voordelig vir beide ons en ATC om die toerusting op die toring te huisves, daarom het ATC aan die hand gedoen dat hulle die kapitaal sal voorskiet om die bestaande toring af te breek en te herbou.  Ons kry dus ‘n nuwe toring wat dieselfde lyk, net nuut en sterker.

 

Ons sal hierdie “lening” “terugbetaal” deur die huurinkomste wat ons sou kry prys te gee, totdat die toring afbetaal is.  ‘n Nuwe toring hou die verdere voordeel in dat ATC spasie aan addisionele telekommunikasie-diensverskaffers kan onderverhuur, wat vir ons ekstra huurinkomste, of ‘n korter terugbetalingstermyn sal beteken.

 

Tans is onderhandelinge nog onderweg en ons wag vir finale goedkeuring vanaf ATC se hoofkantoor.  As jy gedink het ‘n kerk se wiele draai stadig…

 

Die goeie nuus is dat terwyl die bestaande toring nog staan, ons aanhou om huurinkomste daaruit te verdien.