25 November 2022

Die VSA en Kanada vier hierdie jaar “Thanksgiving” op Donderdag, 24 November.  Dié dag is in 1789 vir die eerste keer gedenk as ‘n dag van gebed en danksegging – spesifiek vir die oestyd wat gewoonlik gedurende November afgehandel word.

 

Ons gemeente het die gebruik om die laaste Sondag van elke maand as ‘n Dankbaarheidsondag te gedenk en die Tiendemaanddankoffers is ook ‘n spesiale geleentheid om jaarliks ons dankbaarheid te wys vir die seëninge van die afgelope jaar.

Ná die eerste 4 weke, staan die Tiendemaanddankoffers hierdie jaar ontvang op R254 965, teenoor R301 001 teen dieselfde tyd verlede jaar.

 

Ek het by die afgelope kerkraadsvergadering die eerste voorlopige begroting vir die boekjaar wat op 1 Maart 2023 begin, aan die Kerkraad voorgelê.  Daarvolgens begroot ons vir ‘n tekort van R400 000.  Dit is gewis nie die eerste keer wat donker wolke voor ons op die horison opstapel nie, maar die finansiële uitdagings wat vir ons voorlê, is ongetwyfeld groot.

 

Dan herinner ek my aan iets wat ek lank terug iewers gehoor het: In plaas daarvan om vir God te vertel hoe groot jou probleme is, vertel vir jou probleme hoe groot jou God is!