28 Mei 2020

“Was amazing. Kaalvoetkindertjies wat loop, honger. Toe die sop opgeraak het, het hulle net brood gevra en een sny brood na die ander in hulle mondjies gedruk. Dis eintlik hartseer, maar vir my was dit vreugde gewees. Die kinders was daar gewees, en ek het hulle gedruk sonder om om te gee, want ek dink hulle het dit nodig gehad. Net daai bietjie liefde om weer aan te gaan na die volgende dag toe. Die mense is verdwaald en honger. Ek weet nie wat om te sê nie, maar … Dit was vir my een vreugdevolle dag om dit te kon doen waarvoor ek lief is en ek kon weer huis toe gekom het met ‘n glimlag op my mond al was dit ‘n hartseer prentjie. Ons het magies gevoed, en dis die belangrikste op die end van die dag en dank die Here daarvoor dat iemand na ons gekyk het en vir ons 100l  sop en 100 brode gegee het. Dis net die liewe Here wat kan sorg vir so iets, en daarvoor is ek baie dankbaar. Die foto’s spreek eintlik boekdele…”