9 Februarie 2024

GAWES VAN DIE HERE AAN DE EIKE

Op ons vorige vergaderings het die kerkraad begin besin oor hoe ons die positiewe dinge in De Eike (oftewel gawes wat God aan die gemeente gegee het) kan uitbou. Hier is so ‘n kort samevatting van wat ons toe gesê het, voordat ons weer verder gaan.

  1. Die Samehorigheid van die gemeente – soos ‘n familie, waar mense tuis voel.

– Moontlike wyksprojekte (soos ‘n gemeentebraai).

– Gasvryheidsbediening (tans in ontwikkeling).

– Sensitiwiteit vir verskillende persoonlikheidstipes in gemeente.

  1. Die plek wat die Bybel in De Eike inneem: Skrifgetrouheid.

– Ernstige gebed vir leiers in die gemeente is onontbeerlik.

– Betrek verskillende lede as voorgangers

– Verseker dat Woord sentraal bly in gemeente.

– Verantwoordelikheid van die kerkraad om toe te sien dat dit so bly.

– Uitbou van Byblestudiegroepe.

– Skep gespreksgeleenthede.

  1. Onderlinge sorg en omgee in die gemeente

– Herbesoek van totale bedieningspatroon in die gemeente.

– Ontwikkeling van kleingroepe

– Sorgbediening; opvolg baie belangrik.

– Onderlinge belangstelling

– Kommunikasie (veral 1-kommunikasie.

  1. Die Kollegaskap in die gemeente

– Waak teen onrealistiese verwagtings van nuwe leraarspan. Gee hulle ‘n kans!

– Psigometriese analise in beroepingsproses.

– Kerkraad is inderdaad ook ‘n span!

  1. Stabiliteit in die gemeente, ook t.o.v. finansies.

– Deursigtige besluitneming.

– Pro-aktiewe optrede.

– Voorbeeld van leierskap.

– Erkentlikheid.

– Verantwoordelike rentmeesterskap.

  1. Geleenthede om gawes uit te leef in verskillende aksies

– Sigbaarheid van geleenthede: moet duideliker uitgespel word. ‘n “Advertensieveldtog”.

– Die afkondigings en Die Akker kan hierin groot rol speel.

– Mense wil egter ook steeds spesifiek genader word: persoonlike komtak.

– Databasis van die gemeente behoort gawes te reflekteer.

– So kan ryk gawepoel onder ons lede ontgin word.

  1. Erns en toewyding: Gemeente is passievol oor die Here

– Vir ons as mense maar moeilik beoordeelbaar.

– Wat is die invloed van stroming van eredienste op ons ldimate se toewyding?

– Daar is genoeg geleenthede; lidmate moet leer self verantwoordelikheid vat.

– Integrasie van bedieninge is die ideaal: alles skakel by mekaar aan.

– Kleingroepe, gebou op vrye assosiasie, is die antwoord.

– Die rol van gebed in die verband moenie onderskat word nie.

– Wat sê ons dankoffers van ons toewyding / rentmeesterskap?

– De Eike is geseën met Kerkvaste kerngroep wat as basis van groei kan dien!

  1. Leierskap: De Eike word gekenmerk deur leierskapstyl van nederige diensbaarheid.

– Daardeur inspireer die leierskap die res van die lidmate.

– Dis nooit outokraties nie, maar ook nie bang om voor te vat en te lei nie.

– Leier is geroep om te lei, nie om te volg nie!

– Leiers se passie bepaal wat in gemeente gebeur.

– Dis uiters belanrik dat leiers spanspelers moet wees: mekaar ondersteun.

Die volgende punte het wel vroeër by die evrskillende besprekings al ter sprake gekom, voordat afgestap is van die “Gawes van die gees aan die gemeente”, sodat ons by die volgende byeenkoms aan die Uitdagings aandag kan gee:

  1. Onderlinge gees in die gemeente
  2. Sterk administrasie
  3. Tuiste vir Seniors.
  4. Aanpasbaarheid: gemeente oop vir vernuwing en verandering.

 

VERDERE BESPREKING:

Hoe sien jy die volgende knelpunte in die gemeente, uitdagings wat aangespreek moet word?

  1. Jonger lidmate: Hoe skep ons geleenthede vir jong werkende lidmate om betrokke te raak?

– Persoonlike kontak: moet spesifiek geteiken, uitgenooi en ingespan word

– Sosiale geleenthede soos kampe

– ‘n Gesinsgerigte bediening is nodig om almal te betrek.

– Gemeentekonserte en talentkompetisies

– Oorweeg mentorstelsel waarin Jongeres “opgelei” word om oor te neem.

– Kleingroepe: vir (jong) getroudes en ongetroudes.

  1. Nuwe intrekkers:

– Gasvryheidsbediening is absoluut stap in die regte rigting!

– Gesprekke met nuwe lidmate om hulle gawes te identifiseer.

– Nuwe lidmate kan dan bekend gestel word (bv. in Die Akker).

– Alle De Eike-lidmate is deel van die verwelkoming, moet nuwe intrekkers identifiseer.

– Die webtuiste kan ook hiervoor ingespan word.

  1. Beter kommunikasie en gebruik van tegnologie.

– Skep van ‘n Intranet waartoe slegs lidmate toegang het.

– Uitbou van bestaande sisteem (wat reeds goed werk).

– Benutting van verskillende nuwere platforms.

– Groter spontaneïteit voor aanvang van eredienste vir sosiale interaksie mense.

– Meer terugvoer van gemeente se kant af aanmoedig.

– Aanstelling van ‘n professionele kommunikasie-beampte.

  1. Onbetrokkenheid van baie van ons lidmate:

– Kan slegs herstel word deur die bou van verhoudings.

– Goeie oudit nodig om die omvang van die probleem vas te stel.

– Rol van sake in breëre kerk waaroor mense sensitief is.

  1. Vervoerprobleme, veral van ouer lidmate

– Mense kan deur afkondigings hulle behoefte aan vervoer bekend maak.

– Só kan lidmate onderling vir mekaar sorg.

  1. Groter sigbaarheid van die gemeente in ons omgewing

– Gemeente se naam moet by hoofingang aangebring word; ook borde by ander hekke.

– Deel van ‘n moontlike kommunikasie-beampte se werk.

– Gemeente moet ingelig word: ook van probleme wat ons hier uitgelig het.

– Bring die baniere teen die drade van perseel terug!

– Inligtingspamflette met uitnodigings kan weer in ons omgewing versprei word.

  1. Demografiese uitdagings: die veranderde gesig van ons woonbuurt.

– Aan aksie-komitee oorgelaat.

  1. Intergeneratiewe bediening: jonk en oud saam in die liggaam!

– Aan aksie-komitee oorgelaat.

  1. Nuwe leraars en die aanpassing wat dit gaan bring
  2. Openheid vir vernuwing en verouderde verwagtinge

– Die tyd sal leer, alhoewel ons vertroue het in die aanpasbaarheid van ons mense.

Aksiekomitee om saak verder te neem:

Maartin Oliver

Piet Rootman

Elbé Keller

Lize Fölscher

Robert Rootman

 

“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” (Psalm 1:1-3)