11 Maart 2021

Hi almal

Ek het bietjie moeite gedoen en verdere statistieke uitgehaal en deel dit graag met julle. Ek het gaan kyk na 5 oggenddienste (9 Feb tot 8 Maart 2020) net voor ons in lockdown gegaan het.

Die totale bywoning van die 5 oggenddienste was 1639 lidmate. R44 312 is ontvang as bankkollekte en R12 994 as deurkollekte, totaal R57 306.

Die 5 ooreenstemmende datums in 2021 (7 feb tot 7 Maart) was daar net video dienste. Dit is volgens Tim se statistiek in totaal vir die 5 Sondae deur 1695 mense gekyk op YouTube en Facebook. Slegs 102 kollekte bydraes is deur Snapscan, EFT’s en bydraes in die kerkkantoor ontvang – totale bedrag van R20 750.

Mariana