26 Augustus 2022

Septembermaand is lente en ons verklaar dat die winter verby is. Alles groei en die plante en bome begin blom. Onmiddellik dink ek aan Hooglied 2 verse11 en 12 terwyl ek in verwondering die Here se handewerk in Sy skepping beleef:

11Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg.12Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land.

Kom sing saam en ervaar die Here se handewerk op AVALON wanneer ons Hom loof en prys en van Sy handewerk getuig. Nadat ons voor die Here stil geword het en gevoed is met die Brood van die lewe gaan ons as gemeente saam eet en brood breek. Pak vir jou ‘n piekniekmandjie propvol verrassings en kom kuier na die erediens as familie in Christus.

Datum: 4 September 2022

Tyd: 09:30

Plek: AVALON Landgoed

ONTHOU JULLE GESIN SE  PIEKNIEKMANDJIE