12 Augustus 2022

Ek gee graag terugvoer rakende afgelope 3 maande se syfers:

 

  Mei 2022 Junie 2022 Julie 2022
Maandelikse dankoffers 179 652 165 487 171 113
Totale inkomste 557 947 284 411 241 781
Totale uitgawes 402 100 306 204 305 686
Surplus / (Tekort) 155 847 (21 793) (63 905)

 

Ek herinner u daaraan dat die totale inkomste en totale uitgawe-syfers vir Mei-maand buite verhouding is as gevolg van die basaar wat ons gedurende Mei gehou het.  Ons het gedurende Junie-maand ‘n enkelbedrag huurinkomste ontvang vir die huur van ons toring van ongeveer R45 000.  Indien dit buite rekening gelaat word, is Junie en Julie se syfers dus baie meer in lyn met mekaar.  Wat egter kommerwekkend is, is dat ons maandelikse dankoffer-syfers tans 10% minder is as dit waarvoor ons begroot het. Indien hierdie tendens voortduur, kan dit ons met ‘n totale tekort van nagenoeg R250 000 vir die boekjaar laat.

 

Groete tot volgende maand,

Elmari Schwenke-van der Walt