5 Mei 2023

Liewe vriende,

Ek gee graag terugvoer rakende Maart en April se syfers (met Februarie se syfers vir vergelykings-doeleindes):

 

Beide Maart en April se syfers is beter as Februarie s’n, waaroor ons baie dankbaar is.  (April se maandelikse dankoffers sluit wel ‘n enkelbedrag-bydrae van R55 000 in.)  Dit is dalk ook nuttig om die maandelikse dankoffer-syfers te vergelyk met die gemiddelde maandelikse dankoffer-syfer vir die vorige finansiële jaar, nl. R179 232.

Dit is verder nie buitengewoon om aan die begin van die kalenderjaar ‘n netto maandelikse tekort te hê nie.  Maart se uitgawe-syfer sluit byvoorbeeld reeds ‘n groot gedeelte van die uitgawes rondom die basaar in.  Intussen is ons volstoom besig met voorbereidings (en voorbidding) vir ons basaar op 3 Junie, wat ons volgende groot fondsinsameling sal wees.

Groete tot vogende maand,

Elmari Schwenke-van der Wal