24 Oktober 2019
Senior Kategese: Alpha
Met die reuk van warm sjokolade en malvalekkers stap die seniors in die saal in vir hulle eerste Alpha episode, bietjie onseker oor hoe die ervaring gaan wees, met ‘n vreemde man wat vriendelik vir hulle groet voor in die saal. Tafels en stoele uitgepak in groepe vergader hulle by ‘n bietjie bekentenis van hulle graad groep. Ligte af en Alpha begin. 12 Lesse verder en Alpha is verby in ‘n oog wink.
Om Alpha uit ‘n tiener se oë te ervaar is iets werkliks besonders, die antwoorde wat soms ontvang was om die tafels is nie antwoorde wat jy sommer sou verwag nie. Van die vrae het my as volwassene ook laat dink en wonder, bv. wie is die Heilige Gees en hoe voel ek oor die idee dat God vir my lewe ‘n plan het? Die vrae kon jou ook soms onkant betrap, veral die keer toe ons moes identifiseer wie ons gunsteling skurk in ‘n storie is, om net daarna te wonder waarom hou jy van iemand wat sonde / boosheid verteenwoordig?
Daar was ook ‘n tafel vir volwassenes wat Alpha saam met die tieners wou bywoon. Ek sou nooit kon dink dat ‘n jeugprogram grootmense so kan fasineer nie. Van hulle het Jesus van voor af ontdek.
Baie dankie aan almal wat die reeks so suksesvol gemaak het. Daar was geweldig moeite gedoen voor en agter die skerms om Alpha suksesvol aan te bied. Twee persone wil ek egter uitsonder met ‘n spesiale dank. Die aanbieder, Jaun Truter, wat uit sy pad gegaan het om elke Sondag se aanbieding so interessant as moontlik te maak (sy konneksie met die jeug het ‘n wonderlike atmosfeer geskep), asook Tim wat elke Sondagmiddag die klank, projektor, ens. opgestel en beman het.