20 Februarie 2026

Wat begin het as ’n vars, kreatiewe poging om op ’n nuwe manier fondse vir die gemeente in te samel, het uitgeloop op ’n besonderse kuiergeleentheid wat lank onthou sal word.

Die atmosfeer was warm en opreg. Stories is gedeel, herinneringe opgehaal en daar is uit die hart gelag. Daar was heerlike kos voorberei, maar dit was nie wat die aand spesiaal gemaak het nie. Die ware hoogtepunt was ’n uitsonderlike 20 jaar oue brandewyn van Kaapzicht.