10 Januarie 2018 - 17 Februarie 2018
Dis nou al geruime tyd dat mense hardop wonder of daar nie ‘n manier is waarop ons die liturgiese ruimte (dis nou daardie oop spasie voor die kansel) kan vergroot nie. Elke keer wat ons Nagmaal bedien, of die een of ander optrede daar voor het, besef ons maar net weer dat dit eintlik baie beknop daar is.