16 September 2017

‘n Groep van 9 mense het onlangs ‘n gedeelte langs die Bottelaryrivier opgeruim. Altesaam 37 swart sakke kon volgemaak word. Onder andere is 2 wasbakke, ‘n stofsuier en ‘n sak sement uit die rivier gevis! Die groep is baie entoesiasties en beplan om binnekort weer langs die rivier te gaan skoonmaak. Ons hoop om in die nabye toekoms heelwat meer spanne te hê sodat daar na ‘n groter deel van die mooi rivier omgesien kan word.