9 Julie 2020
28 Jun – 4 Jul
Oostenryk: Prys die Here dat ons die voorreg het om Bybels aan gevangenes en vlugtelinge in hulle moedertaal te kan voorsien. Bid ook vir die jongmense wat die Bybelsentrum in Wene besoek.
Duitsland: Bid vir die finale voorbereidings van die Basiese Bybel voor die bekendstelling in 2021. Bid vir die befondsing van Bybelprojekte deur kerke en donateurs. Bid vir groeiende belangstelling in die Bybel en ons werk in die bevordering van God se Woord.
Italië: Bid dat God genesing sal bring vir ons land in die nadraai van Covid-19 se vernietigende impak. Bid dat sy Woord en die troos wat dit bring die harte van die ganse bevolking sal aanraak.
5 – 11 Jul
Slowenië: Bid dat daar tot ’n vergelyk met die Katolieke Kerk sal kom wat betref die kopiereg van Bybelteks. Bid vir die vertalers wat aan die dinamiese vertaling van die Nuwe Testament werk asook vir die uitbreiding van die traumaberadingprogram.
Serwië: Bid vir die Bybelsaak in hierdie Christelike land. Bid dat God die Bybelgenootskappersoneel se werk om die Woord in geskikte formate aan persone van alle ouderdomme beskikbaar te maak, sal lei.
Kroasië: Bid dat God sal voortgaan om in 2020 Bybelwerk in hierdie land te seën terwyl daar wêreldwyd chaos heers. Bid dat die Bybelgenootskap steeds die Bybel in geskikte formate aan mense beskikbaar sal maak sodat hulle die lewegewende boodskap van die Woord kan ervaar.
Bosnië-Herzegowina: Bid vir die mense van hierdie land, dat hulle toegang sal hê tot geskikte Bybelhulpmiddels wat hulle harte sal verander.
12 – 18 Jul
Griekeland: Ons loof en prys God vir wat ons reeds kon vermag ondanks die finansiële krisis. Dank die Here vir die suksesvolle tweede eeufeesviering van die Ioniese Bybelgenootskap. Bid dat daar ’n groter behoefte aan Bybels sal wees.
Albanië: Bid vir ons verskeie vertalingsprojekte. Bid vir ons Friends For Life Sport Centre-projek wat die jeug help om vir die eerste keer die bybelse boodskap te hoor en om deurgaans by die Bybel betrokke te wees.
Masedonië: Bid vir die Bybelwerk waarmee ons tans besig is en dat ons veral kinders sal bereik. Bid dat ons Bybelbetrokkenheid sal kan bevorder en alle segmente van die bevolking, insluitende Dowes, sal kan dien