2 April 2020
29 Mrt – 4 Apr
Brasilië: Dank die Here vir die seëninge wat ons verlede jaar ontvang het. Bid vir ons Vrywilligers-program en Bybelakademie-projek vir langafstandonderrig. Bid vir die suksesvolle reëlings van die eerste Jeugbybelkonferensie in 2021. Bid ook vir die Brasiliaanse Gebaretaalbybel.
Peru: Bid vir die Quechu Apurímac en Matsigenka vertalingsprojekte. Bid dat God die Brood van die Lewe-projek sal seën wat arm kinders beide fisies en geestelik voed. Bid ook dat ons missie, om lewens deur bybelse waardes te verander, suksesvol sal wees.
5 – 11 Apr
Ecuador: Bid dat die mense van Ecuador deur middel van ons verskeie projekte by die Bybel betrokke sal raak. Bid ook vir die hersiening van die Bybel in Quicha Imbabura wat reeds in 1994 vertaal is.
Chili: Bid vir die Chileense Kerk en vir leiding en wysheid. Bid vir ons gemeenskap asook vir die Chileense Bybelgenootskap en vir die verskeie projekte.