25 Junie 2021

27 Jun-3 Jul

Italië: Bid vir die Bybelgenootskap se werk hier te midde die geweldige trauma van die voortslepende pandemie. Bid dat mense die Woord van God opnuut sal hoor en dat dit hul harte met hoop sal vul.

Duitsland: Daar is ‘n groot behoefte aan Studiebybels en uitgawes vir akademiese gebruik. Bid dat ons die nodige vertalings vir Bybelkenners, Bybelvertalers en studente regoor die wêreld beskikbaar kan maak.

Oostenryk: Die migrasie van mense regoor die wêreld het baie vinnig toegeneem en dit is ook die geval hier. Die plaaslike Bybelgenootskap poog om ‘n helpende hand aan vlugtelinge te gee deur Bybels en Bybelgedeeltes, maak nie saak wat die omstandighede is nie, aan hulle beskikbaar te maak. Bid dat ons hulle met die Woord van God kan bereik en dat Hy die koers van hul lewens sal verander.