20 Augustus 2020

9 –15 Aug

 Oekraïne: Bid vir Bybelwerk in die land te midde plaaslike en internasionale krisisse. Bid vir al ons projekte en dat ons spesifiek die jeug en studente sal bereik.

Oesbekistan: Bid vir die Bybelsaak in hierdie land waar Islam die meerderheidsgeloof is. Bid dat God die Bybelgenootskappersoneel sal lei in hul werk om die Woord in verskillende formate beskikbaar te maak.

Tadjikistan: Bid dat God Bybelwerk in die land sal seën. Bid dat ons enige struikelblokke wat verhoed dat ons die Bybel in geskikte formate en vertalings beskikbaar kan maak, sal oorkom.

16 – 22 Aug

 Pole: Bid dat jongmense in ons land die behoefte aan God se Woord in hul lewens sal raaksien. Bid vir die gratis verspreiding van die Nuwe Testament in skole en kerke. Dank die Here vir die verspreiding van die Ekumeniese Bybel in Pole.

Tsjeggiese Republiek: Bid vir die agt Bybelgenootskappersoneellede wat verseker dat die Bybel vir elke kerk en burger beskikbaar is. Bid vir ons spesiale projekte, veral die nuwe tweetalige Nuwe Testament uitgawes vir jongmense.

Slowakye: Bid vir die werk wat ons hoop om hier te verrig om die geloof van die Dowes in Slowakye te versterk. Bid dat ons in die Bybelbehoeftes van die plaaslike Christene en veral die siggestremdes sal kan voorsien.