11 September 2020

6 –12 Sep

Libanon: Bid vir ons Sentrums vir Uitnemendheid. Hierdie sentrums dien die Kerk in die Midde-Ooste met God se Woord deur vertalings, publikasies, verskillende projekte en programme. Bid dat dit kinders, jongmense en volwassenes van hulp sal wees.

Jordanië: Bid vir die Bybelgenootskap in Jordanië se plan om ’n Bedieningsentrum in plek te stel. Dit is ’n besige ligging in Amman wat toegang tot die Bybel en die Bybelgenootskap sal bevorder.

Sirië: Dank die Here vir die ondersteuning wat ons die afgelope jaar ontvang het. Dank die Here vir sy Heilige Woord en vir die verspreiding daarvan na al die gebiede in ons land danksy die ongelooflike poging van ons vrywilligers.

13 – 19 Sep

Malta: Bid dat die Bybelgenootskap sal kan voortgaan met die uitvoer van sy missie op verskeie maniere en met verskillende programme om in die Bybelbehoeftes van almal in die land te voorsien.

Turkye: Dank die Here vir die 200-jarige herdenking van die Bybelgenootskap in Turkye vanjaar. Bid dat ons aktiwiteite daartoe sal bydra dat die Turke meer omtrent die Woord van God sal leer. Bid vir ons huidige vertalingsprojekte asook vir die veiligheid van ons span.

Ciprus: Ondanks die huidige finansiële krisis, dank ons die Here dat hy die Bybelgenootskap in Ciprus van die nodige fondse voorsien het om die mense van hierdie land te dien. Loof die Here vir die verspreiding van die Nuwe Testament in skole deur die Ministerie van Onderwys.