18 September 2020
13 – 19 Sep
Malta: Bid dat die Bybelgenootskap sal kan voortgaan met die uitvoer van sy missie op verskeie maniere en met verskillende programme om in die Bybelbehoeftes van almal in die land te voorsien.
Turkye: Dank die Here vir die 200-jarige herdenking van die Bybelgenootskap in Turkye vanjaar. Bid dat ons aktiwiteite daartoe sal bydra dat die Turke meer omtrent die Woord van God sal leer. Bid vir ons huidige vertalingsprojekte asook vir die veiligheid van ons span.
Ciprus: Ondanks die huidige finansiële krisis, dank ons die Here dat hy die Bybelgenootskap in Ciprus van die nodige fondse voorsien het om die mense van hierdie land te dien. Loof die Here vir die verspreiding van die Nuwe Testament in skole deur die Ministerie van Onderwys.
20 – 26 Sep
Golfstate: Bid vir die traumaberadingprogram wat in 2017 vir die eerste keer in Bahrein ingestel is asook vir die uitbreiding daarvan na meer lande in die Golfgebied. Bid vir die verwerking van die Nuwe Testament in Arabies na ’n Golf-dialek.
Iran: Bid vir hierdie land wat so swaar deur die pandemie van 2020 getref is. Bid vir vennote wat Bybelwerk kan ondersteun sodat mense met die beloftes in God se Woord bereik en vertroos kan word.
Irak: Bid vir die mense van hierdie land wat vir baie jare swaar gely het. Bid vir vrede en genesing. Bid veral dat jongmense en kinders aan die Woord van God bekendgestel sal word.