13 Maart 2020

15 – 21 Mrt

Botswana:  Bid dat die mense van Botswana toenemend nader aan die Woord van God sal beweeg.  Bid dat die Here ons sal help om die Bybelbehoeftes van die mense, veral diegene wat in die gemeenskap verstoot word, aan te spreek.

Mosambiek:  Dank die Here vir die voltooiing en bekendstelling van die Bybelvertalings, in Txitxopi en Elomwe.  Prys die Heer vir die nuwe Bybelpakhuise in Maputo-Benfica en in Chimoio.  Bid vir vrede asook vir politieke en ekonomiese stabiliteit in die land.

Zimbabwe:  Dank die Heer dat ons verlede jaar die 80ste herdenking van die Bybelgenootskap kon vier.  Bid spesifiek vir mense wat siggestremd is.  Bid ook vir ons projekte en die impak wat dit op ons land se mense sal hê asook vir ‘n toename in Bybelverspreiding.