16 April 2020

Dit is nou die tyd om ‘n groot impak te maak. Jou gebede is in hierdie dae baie nodig.

Beste Harvesters Partner

Elke keer as ek ‘n uitdaging in die gesig staar, dink ek aan Filippense 4: 6–7: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Dit is baie belangrik om nie toe te laat dat vrees jou gedagtes tydens ‘n moontlike pandemie en krisis oorneem nie. Jy het seker al in elke koerant, tydskrif en op elke sosiale media platform van die Coronavirus gelees. Die Coronavirus is tans op elke nuuskanaal en op die meeste mense se lippe.

Hierdie virus het reeds meer as 90 000 mense se lewens geëis en die virus is tans in 120 lande by mense gediagnoseer. Die wêreld en Harvesters Ministries het jou gebede broodnodig.

Ondanks die feit dat hierdie hoogs aansteeklike virus mense van regoor die wêreld raak – is daar geen bteer tyd as die hede om ‘n impak in die wêreld te maak nie. Die werk wat jy help doen deur Harvesters – opleiding van leraars in evangelisasie, dissipelskap, pastorale opleiding en kerkplanting – moet voortgaan in die meer as 60 lande waar
Harvesters tans werk.

Ons het jou, ons gebedsvennoot, nodig om die bediening gedurende hierdie moeilike en onsekere tyd te dra. Bid dat ons leraars in hul dorpe en gemeenskappe met hul werk sal voortgaan.  Jy het nou die geleentheid om daagliks saam met ons te bid en gelowiges van regoor die wêreld in jou gebede te hou. Laai nou jou maandelikse gebedsriglyne hier af en vertrou die Here volkome gedurende hierdie uitdagende tyd:

 

Saam in Sy diens,

Steven (Fanie) Loots
Stigter en Hoofuitvoerende Beampte
Harvesters Ministries